+ All Categories
Home > Documents > SIG -1 P - Durbanville Gemeente - 1_1.pdf · aspekte soos gebed, geestelike groei, lering en...

SIG -1 P - Durbanville Gemeente - 1_1.pdf · aspekte soos gebed, geestelike groei, lering en...

Date post: 11-Oct-2020
Category:
Upload: others
View: 1 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
4
SIG UITGAWE 2019/1 FEBRUARIE Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld 19 Apr Goeie Vrydag, Nagmaal S E D V O N T K O T R M B E F n a J A P R M E I J U N J U L A U G S E P 2019 KALENDER 6 Okt Lentetee 6 Okt Lentetee 12 Okt Huis Aristea Basaar 24 Nov Kersprogram 31 Des Oujaarsdiens 1-3 Feb Belydeniskamp 1-3 Mrt Gemeentekamp, Silwerstrand 1-3 Mrt Gemeentekamp, Silwerstrand 21-23 Jan Week van Gebed 21 Jan-10 Mrt Sewe weke reeks 6 Mrt Aswoensdag 20 Jan Drie kunstenaars kom praat by DG Leefdiens 2 Mrt “Vroue, God & Kos” 3-6 Jun Pinkster 16 Apr “The Shack” word vertoon 13-17 Mei Wes-Kaap Sinodesitting 13-17 Mei Wes-Kaap Sinodesitting 30 Mei Hemelvaart 30 Mei-8 Jun Gebedskamer 15 Apr Kruisstap, Maastricht 17 Apr Laaste Avondmaal, Klein Roosboom 25-28 Sep Taize Kaapstad 29 Sep Taize Feesdiens 29 Sep Taize Feesdiens 14 Jul Mini Basaar 25 Aug Koorfees 25 Des Kersdag André Agenbag Ons gemeente se visie bestaan uit drie baie belangrike bestanddele van ware kerkwees. “Dissipels van Jesus” laat die klem val op ons geloof in Jesus Christus. Dit sluit in aspekte soos gebed, geestelike groei, lering en aanbidding. “Saam” is 'n woord wat uitdrukking gee aan die belangrikheid van die kerk van die Here Jesus. Ons glo nie op ons eie nie. Ons hoort saam. Ons leef ons geloofslewens saam met ander medegelowiges uit. “In diens van God se nuwe wêreld” vertel die verhaal van ons roeping: Om die Goeie Nuus na ons skole, werkplekke, woonbuurte, gemeenskap, land en die res van die wêreld te neem. Ons nooi almal uit om vanjaar saam met die gemeente te lewe deur deel te neem aan 'n ryke verskeidenheid aktiwiteite wat ons die geleentheid gee om te groei in elkeen van die drie sleutelaspekte van ons visie. Mag hierdie jaar in die lewe van Durbanville Gemeente waarlik tot eer en lof van ons drie-enige God strek! Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld. Eerste Kwartaal 20 Jan Drie kunstenaars kom praat by ons aanddiens (DG Leef) oor die tema “Kreatiwiteit en Kerkwees” 21-23 Jan Week van Gebed: “Om tot die drie-enige God te bid” 21 Jan-10 Mrt 'n Reeks van sewe weke uit die boekie, “Drie maal God” 1-3 Feb Belydeniskamp 1-3 Mrt Gemeentekamp te Silwerstrand 2 Mrt Amoré Bekker kom praat oor die tema, “Vroue, God en Kos” 6 Mrt Lydenstyd begin met Aswoensdag 13 Mrt Lering: “God vir ons.”(Twee geleenthede: 08:00 en 18:30) Tweede Kwartaal 15 Apr Kruisstap by Maastricht 16-19 Apr Groot Lydensweek 16 Apr Die film “The Shack” word om 19:00 vertoon 17 Apr Laaste Avondmaal by Klein Roosboom 18 Apr Donkerdiens (in die kerkgebou om 19:00) 19 Apr Goeie Vrydag (Feesdiens met Nagmaal in die kerkgebou om 09:00) 21 Apr Paasfees (Feesdiens met Doop in die kerkgebou om 09:00) 8 Mei Lering: “God by ons.”(Twee geleenthede: 08:00 en 18:30) 13-17 Mei Wes-Kaap Sinodesitting te Goudini 30 Mei Hemelvaart (Feesdiens in die kerkgebou om 18:30) 30 Mei-8 Jun D4J Gebedskamer 3-6 Jun Pinkster: “Kom Skeppergees!”deur Dr Tinus van Zyl (Feesdienste om 18:30 in die kerkgebou), Kinderpinkster in die Gemeentesentrum 9 Jun Pinksterfees met Nagmaal. Potjiekos na die oggend eredienste 14-23 Junie Zithulele Uitreik saam met Ds Wynand Breytenbach Derde Kwartaal 14 Jul Mini Basaar (Kombineer met De Port'Uur-groep Byeenkoms) 7 Aug Lering: “God in ons.”(Twee geleenthede: 08:00 en 18:30) 25 Aug Koorfees in die kerkgebou 25-28 Sep Taize Kaapstad (Durbanville Gemeente ontvang en huisves van die internasionale besoekers) 29 Sep Taize Feesdiens in die kerkgebou om 09:00 Vierde Kwartaal 6 Okt Lentetee na die erediens 12 Okt Huis Aristea Basaar 12 Okt Retraite vir Kerkraadslede en Bedieningsleiers vanaf 09:00-13:00 14 Nov De Port'Uur-groep Byeenkoms 24 Nov Kersprogram om 19:00 in die kerkgebou 25 Des Kersdag (Feesdienste om 08:00 en 09:15 in die kerkgebou) 31 Des Oujaarsdiens met Nagmaal in die kerkgebou om 18:30 2019: 'n Oorsig oor die jaar
Transcript
Page 1: SIG -1 P - Durbanville Gemeente - 1_1.pdf · aspekte soos gebed, geestelike groei, lering en aanbidding. “Saam” is 'n woord wat uitdrukking gee aan die belangrikheid van die kerk

SIGUITGAWE 2019/1 FEBRUARIE

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

19 Apr Goeie Vrydag, Nagmaal

SED • VON • TKO

TRM • BEF • naJ

APR • MEI • JUNJUL • AUG • SEP

2019KALENDER

6 Okt Lentetee6 Okt Lentetee

12 Okt Huis Aristea Basaar

24 Nov Kersprogram

31 Des Oujaarsdiens

1-3 Feb Belydeniskamp

1-3 Mrt Gemeentekamp, Silwerstrand

1-3 Mrt Gemeentekamp, Silwerstrand

21-23 Jan Week van Gebed

21 Jan-10 Mrt Sewe weke reeks

6 Mrt A

swoen

sdag

20 Jan Drie kunstenaars kom praat by DG Leefdiens

2 Mrt “Vroue, God & Kos”

3-6 Jun Pinkster

16 A

pr “T

he S

hack

” w

ord

vert

oon

13-17 Mei Wes-Kaap Sinodesitting

13-17 Mei Wes-Kaap Sinodesitting

30 Mei Hemelvaart

30 Mei-8 Jun Gebedskamer

15 A

pr K

ruis

stap

, Maa

stric

ht

17 Apr Laaste

Avondmaal, K

lein R

oosboom

25-28 Sep Taize Kaapstad

29 Sep Taize Feesdiens29 Sep Taize Feesdiens

14 Jul Mini Basaar

25 Aug Koorfees

25 Des Kersdag

André AgenbagOns gemeente se visie bestaan uit drie baie belangrike bestanddele van ware kerkwees. “Dissipels van Jesus” laat die klem val op ons geloof in Jesus Christus. Dit sluit in aspekte soos gebed, geestelike groei, lering en aanbidding. “Saam” is 'n woord wat uitdrukking gee aan die belangrikheid van die kerk van die Here Jesus.

Ons glo nie op ons eie nie. Ons hoort saam. Ons leef ons geloofslewens saam met ander medegelowiges uit. “In diens van God se nuwe wêreld” vertel die verhaal van ons roeping: Om die Goeie Nuus na ons skole, werkplekke, woonbuurte, gemeenskap, land en die res van die wêreld te neem.

Ons nooi almal uit om vanjaar saam met die gemeente te

lewe deur deel te neem aan 'n ryke verskeidenheid aktiwiteite wat ons die geleentheid gee om te groei in elkeen van die drie sleutelaspekte van ons visie. Mag hierdie jaar in die lewe van Durbanville Gemeente waarlik tot eer en lof van ons drie-enige God strek! Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld.

Eerste Kwartaal20 Jan Drie kunstenaars kom praat by ons aanddiens (DG Leef) oor die tema

“Kreatiwiteit en Kerkwees”21-23 Jan Week van Gebed: “Om tot die drie-enige God te bid”21 Jan-10 Mrt 'n Reeks van sewe weke uit die boekie, “Drie maal God”1-3 Feb Belydeniskamp1-3 Mrt Gemeentekamp te Silwerstrand2 Mrt Amoré Bekker kom praat oor die tema, “Vroue, God en Kos”6 Mrt Lydenstyd begin met Aswoensdag13 Mrt Lering: “God vir ons.”(Twee geleenthede: 08:00 en 18:30)

Tweede Kwartaal15 Apr Kruisstap by Maastricht16-19 Apr Groot Lydensweek16 Apr Die film “The Shack” word om 19:00 vertoon17 Apr Laaste Avondmaal by Klein Roosboom18 Apr Donkerdiens (in die kerkgebou om 19:00)19 Apr Goeie Vrydag (Feesdiens met Nagmaal in die kerkgebou om 09:00)21 Apr Paasfees (Feesdiens met Doop in die kerkgebou om 09:00)8 Mei Lering: “God by ons.”(Twee geleenthede: 08:00 en 18:30)13-17 Mei Wes-Kaap Sinodesitting te Goudini30 Mei Hemelvaart (Feesdiens in die kerkgebou om 18:30)

30 Mei-8 Jun D4J Gebedskamer3-6 Jun Pinkster: “Kom Skeppergees!”deur Dr Tinus van Zyl (Feesdienste om 18:30 in

die kerkgebou), Kinderpinkster in die Gemeentesentrum9 Jun Pinksterfees met Nagmaal. Potjiekos na die oggend eredienste14-23 Junie Zithulele Uitreik saam met Ds Wynand Breytenbach

Derde Kwartaal14 Jul Mini Basaar (Kombineer met De Port'Uur-groep Byeenkoms)7 Aug Lering: “God in ons.”(Twee geleenthede: 08:00 en 18:30)25 Aug Koorfees in die kerkgebou25-28 Sep Taize Kaapstad (Durbanville Gemeente ontvang en huisves van die

internasionale besoekers)29 Sep Taize Feesdiens in die kerkgebou om 09:00

Vierde Kwartaal6 Okt Lentetee na die erediens12 Okt Huis Aristea Basaar12 Okt Retraite vir Kerkraadslede en Bedieningsleiers vanaf 09:00-13:0014 Nov De Port'Uur-groep Byeenkoms24 Nov Kersprogram om 19:00 in die kerkgebou25 Des Kersdag (Feesdienste om 08:00 en 09:15 in die kerkgebou)31 Des Oujaarsdiens met Nagmaal in die kerkgebou om 18:30

2019: 'n Oorsig oor die jaar

Page 2: SIG -1 P - Durbanville Gemeente - 1_1.pdf · aspekte soos gebed, geestelike groei, lering en aanbidding. “Saam” is 'n woord wat uitdrukking gee aan die belangrikheid van die kerk

02

FINANSIESWat lê vir ons voor in 2019?

Gebrokenheid | Genade | Groei

Wynand BreytenbachStanley Hwuerwas het eendag in Good Company geskryf dat die kerk 'n soort voorskou is van hoe die gemeenskap van gebroke mense saam met mekaar moet leef. Sondae is belangrik sodat ons op so manier die wêreld (en onsself) kan herinner dat daar 'n ander manier van leef is, as wat die wêreld bied. Sondae behoort dus 'n voorsmaak te wees van hoe die Koninkryk wat kom, lyk.

Daarom moet ons op Sondae 'n gasvrye spasie skep waar dokter, drop-out, ingenieur, hawelose, grensgeval of onderwyser – almal welkom en tuis voel in ons kerkgebou.

Dit moet 'n plek wees waar brose mense en geluksaliges bymekaar kan kom en na mekaar kan luister. Dit moet 'n plek wees waar dwelmverslaafdes en geldgieriges hulle sondes kan kom bely. Dit moet 'n plek wees waar ons almal kan saamkom om pyn te verwerk, te lag, skuiling te vind asook te eet, leer, stilword, skree, aanvaar en tuiskom.

“A growing community must integrate three elements: a life of silent prayer, a life of service and above all, of listening to the poor, and a community life through which all its members can grow in their own gift” – Jean Vanier, Community and Growth

Dis die droom van die DG Leef-span. Om so 'n spasie te skep vir ons en ons gemeenskap. Die aanddiens was in 2018 so goed geloods sodat ons nou in 2019 net dit, wat in die fondasie gelê is, kan uitleef. Dis ook die droom van die DG Leef-span om dít wat God verlede jaar aan die leierskap in hulle gebede en harte gegee het, te eer en respekteer. Daarop te bou en dit die plek te probeer maak waarvan hulle gedroom het. Daarom bly die gevoel en vibe van die aanddiens presies dieselfde as ALIVE!

Die DG Leef-diens se teiken is enige iemand wat jonk van hart is en dalk 'n spasie soek wat bietjie meer alternatief is. Wat 'n voorreg is dit nie om so 'n alternatiewe diens in

hierdie wonderlike geskiedkundige kerkgebou te kan hê nie! Waar ‘n ou diepgewortelde pragtige geskiedenis en ‘n splinternuwe alternatiewe aanbidding mekaar ontmoet. Ons glo dat dit 'n spasie moet wees waar ons oor relevante onderwerpe kan praat wat gemik is op jongmense en die wêreld waarin hulle hulself in bevind. Dit bied ook die spasie waar ouers kan kom leer oor daardie wêreld en dit kan 'n wonderlike gespreksgenoot word vir ouers wat wonder hoe om met jongmense te leef en hulle te verstaan.

In die diepste kern van die DG Leef-diens lê die hoop om mense te verwelkom. Hulle wat nie 'n plek van aanbidding het nie of wat al seergemaak is deur die kerk. Dis die perfekte spasie waarnatoe mens iemand sou kon nooi wat nie van kerk hou nie of lanklaas in die kerk was.

Ons diepste oortuiging is dat alle mense hier hulle eie gebrokenheid sal kan identifiseer en aanvaar, sal weet dat hier mense is wat hulle met eerlike en opregte genade sal hanteer sodat ons almal saam sal groei in ons roeping om die Koninkryk te maak realiseer in Durbanville en die omringde omgewing.

Vanjaar hou ook 'n ekspedisie reistog na Zithulele in wat in samewerking is met onder andere Kenridge NGK en Zithulele VGK asook 'n langtermyn-vennootskap met Ysterplaat Gemeenskapskerk deur middel van 'n kosinsamelingsprojek en 'n langtermyn droom om geld in te samel om 'n aksie- bussie (uitreikbussie) te koop deur middel van klere verkope.

Raak deel van die DG Leef-span deur in die aande te kom dien, betrokke te raak by een van ons aksies (soos Zithulele, klereverkope of kosinsameling) of kom woon net eenvoudig ons dienste by! Almal welkom,

Leef Liefde | Leef Genade | Leef Hoop

BAIE DANKIE

Jac KriekDit is met ’n dankbare hart, dat die Kerkraad kan rapporteer dat die gemeente se finansiële posisie aansienlik verbeter het sedert twee jaar gelede.

Faktore wat hiertoe bygedra het, is: • Implementering van drastiese kostebesparings-

maatreëls, bv. die opsê en verskuiwing van gehuurde kerkkantoorruimte na die kerkgebou;

• Herstrukturering van personeel se vergoeding; • ’n Sinodelening (waarvan reeds 50% vereffen is); • Huur-, asook dividendinkomste vanuit Durbieland; • Verhoogde bydraes vanuit die gemeente.

Ons wil graag vir Jac Laubscher, wat o.a. die begrotings- en finansiële beplanningsproses hersien het, bedank vir sy besondere bydrae wat tot die huidige posisie bygedra het.

Die gemeente bly egter onder druk met uitgawes t.o.v. • Onderhoud van die kerk (geboue se verfwerk, dak,

ringmuur en instandhouding van die terrein) • ‘n Langtermynoplossing vir doeltreffende

kerkkantoorruimte. • die omskepping van die konsistorie tot ’n veeldoelige

ruimte.

Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om ons uittredende Finansiesvoorsitter, Heinrich Punt, te bedank vir sy kundigheid, professionele dienste en die leiding tydens sy dienstermyn. Heinrich baie dankie. Jy het werklik help bou aan ons huidige posisie.

Ons nuwe Finansiesvoorsitter (reeds in die proses om oor te neem) is Johann van Tonder. Hy sal met ingang 1 Maart 2019 die pos begin beklee. Ook aan jou, Johann, baie dankie vir jou bereidwillig-heid en sterkte vir die groot taak.

Page 3: SIG -1 P - Durbanville Gemeente - 1_1.pdf · aspekte soos gebed, geestelike groei, lering en aanbidding. “Saam” is 'n woord wat uitdrukking gee aan die belangrikheid van die kerk

’N PAAR VRAE AAN

LINA HATTINGH … Nuwe aanbiddingsleier: Familiediens

Jackie Pretorius

• Waar kom jy vandaan en hoe lank is jy al in die musiekbediening?

Ek is in Wellington gebore en ons het later Kaap toe getrek waar ek aan die Hoërskool Jan van Riebeeck gematrikuleer het. Ek is al baie jare lank by musiek-bedieninge betrokke en was van 2003 – 2012 voltyds musiekdirekteur by Vredelust Gemeente in Boston. Die afgelope 2 jaar was ons betrokke by Familiekerk Bottelary, waar ons die aanbidding gelei het.

• Ek weet jy wil dit nie aan die groot klok hang nie, maar jy is baie talentvol – gee so bietjie agtergrond oor jou opleiding en prestasies.

Ek wou van kleins af ‘n musiekonderwyseres word, so het al vroeg met klavierlesse begin. Ek het na skool B.Mus en daarna Honneurs in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer met hoofin-strument klavier en 2de instrument kerkorrel. Ek het ook 'n groot liefde vir koorleiding en sang. Ná universiteit het ek by verskeie skole musiek gegee en is tans By Curro Durbanville.

• Wat is jou droom vir die musiekbediening by ons Familiediens?

My droom sou wees om die musiek en aanbidding op so 'n manier te help fasiliteer dat klein en groot die Here op 'n vars manier sal beleef.

• Wat was sover 'n hoogtepunt vir jou in jou bediening?

My jare by Vredelust het vele hoogtepunte opgelewer, maar elke Sondag wanneer ek ervaar dat die Heilige Gees werksaam is en die mense in aanbidding iets van Hom ervaar, bly dit vir my 'n hoogtepunt.

• Jy is ook betrokke by Curro Durbanville Privaat-skool. Wat behels dit ?

Ek is voltyds musiekonderwysers by Curro – een van vyf. Dan onderrig ek ook klavier, keyboard, kitaar en rig 2 van die kore, die senior laerskoolkoor en hoërskoolkoor, af. Ek geniet dit baie.

• Jou man, Jacus, en jou kinders lê jou na aan die hart. Is hulle ook so lief vir musiek?

Ja! Hulle het musiek in hulle gene en ons is deur die bank baie lief vir 'n groot verskeidenheid musiekstyle.

• Ontspanning is vandag baie belangrik om 'n bietjie balans te skep in ons lewens. Hoe ontspan jy/julle graag?

Ons hou baie van die see en buitelug en breek die graagste weg na my ouers se vakansieplek op Glentana. Verder is ons mal oor uiteet, goeie wyn en 'n goeie fliek. Vrydagaande is dit take aways voor die TV en kermisbed in die kamer.

03

Brandstof!Ds Wynand BreytenbachMens kan nie oor gasvryheid praat en oor die skep van 'n gemeenskap, waar ons mekaar koester, preek as ons dit nie self uitleef nie! Een keer 'n kwartaal eet, aanbid en droom die dienskneg-leierskap van Durbanville Gemeente saam om een tafel. Ons spandeer die aand saam om te droom oor wat God in die gemeente en gemeenskap wil bereik.

Hier leer deel ons 'n maaltyd saam en leer mekaar ken. Hier aanbid ons almal op verskillende maniere die een God waarin ons glo. Brandstof is 'n spasie waar enige iemand in die Gemeente, wat wil deel raak van die leierskap of ons bedieninge, saam kan kom aanbid, eet en droom. Ons wil hier leer om eers te leef voor ons dit wil preek.

Vrede!

Die jaarlikse Wêreldbiddag vir vroue vind op 1 Maart 2019 plaas. Die Durbanville-area, wat ons gemeente insluit, se geleentheid vind by die Katolieke kerk in Durbanville plaas om 10:00 die oggend.

Vanjaar se skrywerland is Slowenië en die tema is “Kom – alles is gereed!”

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE:1 Maart 2019

Page 4: SIG -1 P - Durbanville Gemeente - 1_1.pdf · aspekte soos gebed, geestelike groei, lering en aanbidding. “Saam” is 'n woord wat uitdrukking gee aan die belangrikheid van die kerk

Ek begelei en lei mense (ook musikante en sangers) op in lof en aanbidding: • To guide them to move deeper into worshipping the Lord.• Equipping them and guiding them to Praise & Worship Him on a deeper level.• OM God se hart aan te raak met jou aanbidding.

Vir meer besonderhede kontak vir Lizel Mouton by 082 781 3156 of

E-pos by [email protected]

BREAKTHROUGH Praise & Worship Centre/Lof- & Aanbiddingsentrum

Atel Streicher

Om hartjiekoekies te maak, benodig jy sowat 4 of 5 losboom hartjie-pannetjies. Gewone individuele kaaskoekies kan ook gemaak word in 4 cm losboom rondepannetjies. Nog ‘n opsie is om ‘n heel kaaskoek (±20 cm) in ‘n ronde vorm of 1 groot hartvorm te maak.

Bestanddele:Kors1 pakkie beskuitjies (200 g) van jou keuse soos Tennis of gemmerSowat 80 ml (5 e) gesmelte botterFyngerasperde buiteskil van 1 lemmetjie

Vulsel1 blikkie (397 g) kondensmelk1 houer (200 g) ongegeurde gladde maaskaasVars lemmetjiesap soos verkies (sowat 60 ml of 4 eetlepels)

Om voor te sit:Dit word voorgesit met vars vrugte in seisoen soos bessies, bessiepulp, grenadellas, aarbei of kiwi’s.

Metode:1. Maak beskuitjies goed fyn. Meng met botter en skil.

Druk vas in gesmeerde bodem van jou vorm/vorms. Plaas in voorverhitte oond van 180°C vir 10 minute. Verwyder uit oond.

2. Meng kondensmelk, maaskaas en lemmetjiesap en skep bo-oop beskuitjies. Plaas in oond vir 'n verdere 10 minute of tot dit gestol is.

3. Verwyder uit oond, laat koud word. Druk kaaskoek uit vorm en sit voor saam met vrugte.

ValentynshartjieKaaskoek

URE: Maandag tot Sondag 07:30 – 20:00

KONTAKNOMMER: 021 975 9730

E-POS: [email protected]

Tinus van ZylOp Saterdag 12 Januarie kry ek 'n lang boodskap op my foon van 'n vreemde nommer. Dis 'n vrou wat tans in Londen bly, maar van Durbanville afkomstig is. Sy is hier om haar pa se 90ste verjaardag te vier. Hy is dr P.E.S. (Pieter) Loubser en het grootgeword op die Welgegund- plaas. Die Loubsers was klaarblyklik van die eerste families wat in Durbanville kom boer het.

Sy wil graag haar pa saambring na ons erediens toe, maar vra of hy dalk op die ou “familiebank” kan sit. Destyds het die banke nog deurtjies gehad en was elke bank toegewys aan 'n spesifieke familie.

Sy noem ook dat haar pa se oupa destyds 'n nagmaalbeker en doopbak vir die gemeente geskenk het. Dalk gebruik ons dit nog? Inderdaad! Elke Donderdagoggend tydens ons nagmaal, drink ons uit die nagmaalbeker waarop gegraveer staan: Geschenk van P.E. Loubser '08. En dis nie 2008 nie, maar wel 1908!

Dr Loubser en sy dogter het Sondagoggend vroeg kom sit om seker te maak daar is nog plek op die ou “familiebank” (want ons banke het immers nie meer deurtjies nie). Toe ek hulle sien, het ek die beker gaan uithaal en vir oom Pieter gewys. Ek het hom verseker dat hierdie beker nog elke week gebruik word.

Later kry ek weer 'n boodskap op my foon, wat sê dat die familie en vriende heerlik saamgekuier het met oom Pieter se 90ste verjaarsdagpartytjie. Hy het ook nou besluit dat hy graag vanuithierdie gemeente waar hy grootgeword het, sy gedenkdiens sal wil hê.

’n Lang geskiedenis met Durbanville Gemeente

Design A Print 021 975 964804

Ds Wynand BreytenbachDis in die ontmoeting van die “ander” wat ek myself leer ken. Dis nie altyd gemaklik of lekker om jouself in iemand anders se skoene te plaas nie, nie eers gepraat van in iemand anders se konteks nie, tog is dit hier waar ek die meeste van myself, die “ander” en God geleer het. As tiener het ek die meeste geleer van God se hart vir die kerk deur op ekspedisies te gaan waar ek gaan dien in 'n ander konteks as my eie. NG en VGK gemeentes bou saam in die Oos-Kaap! Hierdie jaar gaan Durbanville Gemeente na Zithulele toe in die Oos-Kaap. In samewerking met Kenridge NGK, Sonstraal NGK en Zithulele VGK (asook nog vele ander kerke en NGO's) raak ons deel van die Trust wat daar bedien. Die Trust verseker volhoubaarheid en ‘n lang-termyn verbintenis met die gemeenskap. Die hoofredes waarom ons gaan, is om in die plaaslike

hoërskool en hospitaal te dien. Ons bied, saam met ander kerke, 'n winterskool aan vir die matrieks, gaan besoek siekes in die hospitaal en help die VGK dominee en sy vrou met huisbesoeke. Ons hoop om ook hierdie jaar te begin bouwerk doen aan die kerk. Hou ons BlitSIG dop vir afkondigings van hoe jy en jou familie 'n verskil kan maak by Zithulele hierdie jaar! Bid solank vir leiding van die Here om te hoor of jy en jou familie nie dalk moet saamkom dien. Dink net wat dit vir julle as familie kan beteken.

“We have to remind ourselves constantly that we are not saviours. We are simply a tiny sign, among thousands of

others, that love is possible, that the world is not condemned to a struggle between oppressors and oppressed, that class

and racial warfare is not inevitable. – Jean Vanier, Community and Growth

Zithulele-uitreik


Recommended